staff@brackenfellhs.co.za 021 981 5522

Our School

Brackenfell High School's History

Brackenfell High School is a public, co-educa-    tional high school in Brackenfell, Western Cape, South Africa. 

Die opening van die Hoërskool Brackenfell op            21 Januarie 1976 was die vervulling van ‘n droom wat in 1906 begin het. In Januarie 1906 het mev. Janet Brink, die weduwee van Andries Brink, een akker grond geskenk vir die bou van ‘n skool in Brackenfell. Terwyl die skool gebou was, het kinders tydelik die skool bygewoon by die huis van mnr. CM Nagel.

Op 9 April 1906 begin 18 leerders in ‘n eenvertrek-gebou onder leiding van me Miller. In Januarie 1907 is die skool onder die beheer van die Stellenbosch Skoolraad geplaas. Aangesien die skool so vinnig gegroei het, moes nog twee klaskamers gebou word en ‘n derde by die NG Kerk gehuur word. Teen 1949 het 202 kinders die skool bygewoon en daar was ‘n dringende behoefte aan beter fasiliteite. Die nuwe skoolgebou is in 1960 geopen en in Januarie 1964 is dit as ‘n middelskool geklassifiseer. In Januarie 1973 word dit ‘n volwaardige hoërskool wat ook die laerskool kon akkommodeer.

Weens die geweldige groei in studentegetalle moes ‘n nuwe skool gebou word. Die huidige skoolgebou is in 1975 gebou en het sy deure in Januarie 1976 geopen. Presies 70 jaar later het die nuwe skool met 234 leerders, 14 onderwysers en een sekretaresse geopen. Op 14 Augustus 1976 het dr. PS Meyer, die destydse direkteur van onderwys, die skool amptelik geopen.

 

‘n Nuwe kenteken is ontwerp deur dr. C Pama van die SA Raad vir Heraldiek.

 

Die skoollied is geskryf deur mev. Rika du Plessis en is getoonset deur dr. Dirkie de Villiers. Die kenteken en skoollied is op 11 September 1978 in gebruik geneem.

 

Die nuwe skooldrag (moetkleurige baadjies en ligbruin dele en rokke) is in gebruik geneem.

 

In Julie 1983 word die heer O Theron as die nuwe skoolhoof aangestel. Nadat hy met die Laerskool Brackenfell gesels het. Bastion en die Paarlskool, ‘n gestandaardiseerde skooldrag (‘n donkerblou baadjie, grys broek en blou rok) is in 1994 in gebruik geneem.

 

Onder leiding van mnr. O Theron is die aktiwiteitsentrum in 1992 gebou. Die gebou is na hom vernoem aangesien hy die leier van die projek was.

In April 2003 is mnr. André Pretorius as skoolhoof aangestel. Die gebou moes weer vergroot word en die fasiliteite opgegradeer word. Die inwyding van die pawiljoen met ongeveer  1 000 sitplekke op 20 Maart 2010 is die realisering van ‘n droom. In 2017 neem mnr. Jannie Muller oor as skoolhoof van die Hoërskool Brackenfell. Die prestasies van die afgelope veertig jaar is ‘n groot eer vir alle betrokkenes – Altiora Spero!

Die Kaptein van Ons Hoërskool Brackenfell se Skip

MNR JANNIE MULLER - SKOOLHOOF

My hart swel van grootse trots om te sien hoe ons skool hul leuse gestand doen oor al die jare:
 Altiora Spero – Streef altyd hoër    (Mnr Jannie Muller – Skoolhoof)

My naam is Jannie MullerEk is die kaptein van hierdie skip, Hoërskool Brackenfell. My bemanning bestaan uit ongeveer 1500 leerders en oor die 80 personeel. 

Dit is vir my ‘n absolute voorreg om al vir 35 jaar aan hierdie skool verbonde te wees. 

Ek is al van 1989 verbonde aan hierdie ongelooflike skool. My hart swel van grootse trots om te sien hoe ons skool hul leuse gestand doen oor al die jare:  Altiora Spero – Streef altyd hoër.

By hierdie skool streef ons na uitnemendheid.  Ons visie is om elke Brakkie wat deel word van ons Brakkie-familie, te help om hulle volle potensiaal te bereik voor hulle as ‘n matrikulant by die hekke uitstap. 

 

Ons streef daarna om goeie, gebalanseerde volwassenes die grootmenswêreld in te stuur.  In hierdie skool gee ons vir elke Brakkie ‘n geleentheid om hul talente en gawes te ontdek en ook te ontwikkel.  Hier is ongelooflik baie aktiwiteite om van te kies en te keur op akademiese gebied sowel as by sport, kultuur en ook leierskap.

 

Op die ou end kan ‘n skool alles doen om geleenthede te skep, maar dit bly die leerder se verantwoordelikheid om self betrokke te raak.  Onthou:  ‘n skool bepaal nie jou geluk nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk.  ‘n Betrokke Brakkie is ‘n gelukkige Brakkie.

Ek glo vas:  Blom waar jy geplant is.  Hoërskool Brackenfell is die skool in die gemeenskap vir die gemeenskap.  Ons is dit aan ons gemeenskap verskuldig om ons kinders van die dorp na die skool te stuur van ons omgewing om sodoende te bou en te help dat hierdie skool tot nog hoër hoogtes gaan.  Ons Brakkie-gemeenskap moet saamstaan en mekaar ondersteun.

 

Ons leerders stap hier in om te leer en loop hier uit om te dien:  Enter to learn, exit to serve.

 

Hoërskool Brackenfell is ‘n ongelooflike skool met baie spesiale tradisies en  ‘n pragtige erfenis wat opgebou is oor die jare heen.

 

 

Daar is ‘n Engelse aanhaling wat sê: “Shoot for the moon.  And even when you miss, you will land amongst the stars.” Ons sal nooit ophou probeer om te mik na die maan nie.  Ons droom beslis groot drome. Ons  het verseker al deur die jare heen baie van ons drome verwesenlik te danke aan toegewyde ouers, leerders en onderwysers.

Saam met my bemanning by Hoërskool Brackenfell sien ek kans om die grootste storms aan te durf.  Ek is nie bang nie, want ek weet ons staan saam soos een man.  En die belangrikste persoon aan stuur van hierdie skip is ons Hemelse Vader.  Aan Hom kom al die eer, want dit is Hy wat hierdie skool nog elke jaar gedra het.

Vriendelike TROTSE Brakkie-groete

Jannie Muller

Skoolhoof