Ons gee ons leerders die geleentheid om hul talent op die sportveld te wys. Die Hoërskool Brackenfell het ‘n trotse sportgeskiedenis en lewer gereeld provinsiale verteenwoordigers op. Leerders kry afrigting van goeie gehalte.
Sport het altyd ‘n belangrike rol gespeel in die lewe van die leerder van die Hoërskool Brackenfell. Ons bied en moedig mededingende sport aan by Brackenfell, en verstaan die belangrikheid van sport in ontwikkeling, van kameraderie tot spansport tot individuele ontwikkeling en uitnemendheid; die lesse wat geleer word uit sport en kompetisie is ‘n lewensbasis. Ons fasiliteite en afrigting van wêreldgehalte verseker dat alle deelnemers elke geleentheid kry om te presteer.